Computer tips
Sitrus Web Solutions Computer Tips (Afrikaans version)
Email-attachments met fotos:
'n Mens kan baie tyd en bandwydte spaar deur fotos in die regte formaat met epos te stuur. Daar is hoofsaaklik 3 formate waarin jy 'n foto kan save: JPG, GIF en BMP. 'n Bietjie agtergrond:
BMP is normaalweg die formaat wat die meeste spasie bevat aangesien dit elke detail tot op die laaste pixel stoor.
JPG en GIF is formate waarin die foto saamgepers word deur die pixels in 'n slim manier egalig te versprei. As jy 'n bitmap (BMP) saampers (compress) na 'n JPG toe, verklein jy die grootte na kleiner as 10%!
GIF is beter vir logos en prentjies met redelik dieselfde kleure, terwyl JPG beter vir fotos is aangesien dit die teksture baie egalig laat vertoon.
Probeer dus om nooit emails te stuur met fotos wat in BMP gestoor is nie. Doen eerder die volgende: Maak die foto oop in Paint, druk die "Save-as" knoppie, kies "JPG" en save die foto (as 'n .jpg file.) As die oorspronklike BMP file 3MB was, behoort dit nou kleiner as 0.3MB (300KB) te wees!
